Op Dinsdag, 26 September 2023, het die Richtersveld Munisipaliteit, saam met die burgemeester Cornell Knoph en die Raad, ‘n Burgemeester Imbizo by Sizamile Kliniek, te Port Nolloth, gehou.
Die doel van hierdie uitreik was om Wyk 3 ‘n geleentheid te gee om enige bekommernisse wat hulle mag hê, uit te spreek.
Die uitreik het ook beteken om die gaping tussen die regering en mense te vernou deur ander departemente aanboord te bring om hul planne voor te lê wat opgestel is om die gemeenskappe op te hef.











