Vir die Namakwa distriksmunisipaliteit was dit ‘n eer om die jaarlikse geestelike leiers einde-jaar funksie aan te bied.
Die twee rolspelers het saamgekom as ‘n gemeenskap, verenig deur geloof, om te reflekteer op die afgelope jaar se uitdagings en oorwinnings.
“Namens die Namakwa Distriksmunisipaliteit wil ek my opregte waardering uitspreek teenoor die godsdienstige leiers wat ‘n integrale deel van ons gemeenskap vorm. U sorg vir leiding, hoop, en geestelike ankerpunte,” het die uitvoerende burgemeester, mnr Mervin Cloete gesê.
Mag die einde-jaar funksie ‘n geleentheid wees vir hernieude inspirasie en verryking.
Mag ons almal die nuwe jaar binnegaan met ‘n gemoed van samewerking, medelye, en geloof in ‘n beter toekoms vir die Namakwa-gemeenskap.
Ek wens elkeen ‘n geseënde feesseisoen toe, gevul met liefde, vreugde, en die nabyheid van geliefdes.
Mag die lig van geloof en hoop helder skyn in ons harte en in die Namakwa Distrik.










