Die Noord-Kaapse departement van onderwys betreur die skielike heengaan van Mnr. PTA Cloete, ‘n geliefde kollega, die distriksdirekteur van die department in die Namakwa-distrik.

Die nuus van sy heengaan het die departement met ongeloof oorweldig en met hartseer gelaat.

Hy was ‘n toegewyde staatsamptenaar, wat die onderwyssektor met onderskeiding gedien het.

Sy planne vir die onderwyssektor was net om te alle tye in die beste belange van die leerders en opvoeders te dien.

“Mnr. Cloete het nog soveel gehad om te bied, veral in die Namakwa-distrik. Die Departement wil graag hul innige meegevoel aan die bedroefde familie oordra en hulle verseker dat NKDO in hul pyn en verlies deel. Die dood het die onderwys departement beroof van ‘n uitstaande en aktivistiese leier in die Namakwa-distrik. Mag sy siel in vrede rus,” het Geoffrey van der Merwe, die woordvoerder van die departement gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *