Die lede van Kanoeneiland-speurders het meubels ter waarde van R10 000.00 teruggevind wat na bewering tydens ‘n inbraak in September 2022 gesteel is.
’n Saak is geregistreer waar items met ‘n totale waarde van R137 000.00, as gesteel aangemeld is.
“Die ondersoekbeampte het leidrade opgevolg waar hy ontdek het dat die meubels na Kuruman vervoer is. By ondersoek is die aangemelde meubels by ‘n woning in Pietersam naby Kuruman gevind,” het polisiewoordvoerder sersant Omphile Masegela gesê.
Die verdagte word tans by ‘n korrektiewe fasiliteit aangehou in ‘n ander saak en staan tereg op ‘n aanklag van huisbraak en diefstal.
Polisie-ondersoeke duur voort.
