Kokerboom Media  in samewerking met die “Trade Union for musicians in South Africa (Tumsa)” en die National Heritage Council (NHC) is tans besig met ‘n navorsingsprojek wat handel oor die oorspronklike tuistes van die Nama en Khoi mense en hul kultuur.

Fase een van die projek het 28 Februarie 2023 amptelik begin.

‘Die nuwe generasie neig en voel meer aangetrokke tot ‘n westerse lewenswyse en die Amerikaanse handelsmerk’ meen een van die spanleiers, Fredaulischia Palm.

Dit is om daardie rede wat die hoofdoel van die projek is om vir die nuwe generasie ‘n realistiese insig te gee oor wat hul eie unieke kultuurwortels behels en hoe hulle deel kan wees van die skepping en die ontwikkeling daarvan.

Palm het ook aan Radio NFM bekend gemaak dat sy uitsien daarna om meer oor die oorspronklike tuistes en die migrasie van die Nama en Khoi mense vanuit die Suidoos- Wes- en die Noord-Kaap tot in Namibie sowel as Botswana te leer.

“Die uiteinde van die projek sal daar ‘n brief van erkenning aan elke deelnemer wees, onderskryf deur die staat se NHC (National Heritage Council), Kokerboom Media asook TUMSA, wat detail verskaf oor watter opleiding hul ontvang- en die ervaring wat hulle opgedoen het,” meen Palm.

Die span wat deel is van hierdie projek is opgewonde om die toekoms van die Nama kultuur te verken, asook die verskeie moontlikhede wat dit aan hulle bekend sal maak, geniet.

Die projek het vir 23 mense van Namakwaland n werks-en opvoedings-geleentheid gebied. Tot dusver het die navorsingsgroep 4 dorpies in die Richtersveld, 2 in Namakwa en 2 in Khai Ma. Op Donderdag 15 Maart het hulle teruggekeer na die Richtersveld waar hulle Kuboes en Sandrift besoek het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *