Tydens ‘n groot aanslag op misdaad in Modderrivier en omliggende gebiede het die polisie tydens Operasie Shanela ‘n groot daggastoor ter waarde van R440 000 ontbloot, wat tot die inhegtenisneming van twee verdagtes gelei het.
Die operasie, onder leiding van die waarnemende provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het ten doel gehad om kriminele aktiwiteite hok te slaan en nakoming van die wet te verseker.
Brigadier Nicky Mtongana, die waarnemende distrikskommissaris van Frances Baard, was die algehele bevelvoerder, terwyl kolonel Michelle Ford, die Kagisho-stasiebevelvoerder, die leiding geneem het as die vroulike operasionele bevelvoerder ter ere van Vrouemaand.
Luitenant kolonel Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het beklemtoon dat beamptes tydens ‘n padblokkade op die N12 ‘n voertuig voorgekeer en deursoek en dagga ter waarde van sowat R440 000 ontdek het wat in tasse versteek was.
