SAPD-lede word beskou as die frontline-reaksies in enige situasie en dit was die situasie op Maandag, 27 Maart 2023 toe ‘n ma omstreeks 18:00 reeds in kraam by die Kathu Gemeenskapsdienssentrum (GDS) aangekom het.
Die skofbevelvoerder van aflos D, adjudant- offisier Mmota Rasekoai is verras deur die vrou wat sigbaar kraampyne ervaar het toe sy by die polisiestasie aangekom het om hulp te versoek.
Konstabels Violet Motlhole en Nomthandazo Bangiso, wat ten tyde van die voorval in die GDS aan diens was, het nie gehuiwer en het dadelik beheer oor die situasie geneem toe hulle besef die ma van drie was reeds in kraam.
“Verpleegster Pitso en brandbestryders van die Gamagara-munisipaliteit het ook by die toneel opgedaag en verder gehelp met die ingewikkelde prosesse wat nageboortesorg behels het. Die ma het geboorte geskenk aan ‘n gesonde babadogtertjie, genaamd Tshepiso, by die Kathu-polisiestasie, voordat sy na die hospitaal in Kuruman vervoer is vir verdere mediese behandeling,” het polisiewoordvoerder Luitenant-kolonel Thabo Litabe, gesê.
Dit is nie elke dag dat sulke wonders by ‘n polisiestasie gebeur nie, maar wanneer dit wel gebeur, is ons lede in blou altyd gewillig en gereed om te help, ongeag wat die situasie mag wees.
Die Kathu-stasiebevelvoerder, luitenant-kolonel Modise het sy opregte dankbaarheid en waardering uitgespreek teenoor al die lede en ander rolspelers wat gehelp het met die geboorte van baba Tshepiso, wat na bewering goed doen.
Baie geluk aan alle lede van Skof D van die Kathu Polisiestasie wat ‘n ma so galant bygestaan het in ‘n noodgeval.
