Inwoners van die Khai Ma plaaslike munisipalieit word hierdie week uitgenooi na ‘n gemeenskap-Imbizo wat plaas sal vind in die munisipale are.
Die gemeenskap kry die geleentheid om saam met die mynbestuur van Vedanta Zinc International (VZI), die plaaslike munisipaliteit, kontrak besigheidsvennote en CSR begunstigdes te gesels.
Die volgende mynkontrakteurs was deel van die bespreking; SPH Khundalila, Off Shore, Basil Reed, die opleidings- en laboratoriumspanne van VZI, Tau Mining en Mota-Engil.
Die eerste Imbizo het op Maandag, 30 Januarie 2023 onderskeidelik plaasgevind op Pofadder en Aggeneys.
Pieter van Greunen, die Uitvoerende Direkteur en Bedryfshoof van Black Mountain-mynkompleks, het gesê dat hulle op Pofadder is om van mekaar te leer, en dat die gemeenskap voordeel daaruit kan trek.
Die kwessies wat deur die gemeenskapslede ge-opper was, was onder andere die werkloosheidsyfer onder die jeug, die infrastruktuur op die dorp, en hulle wou hê dat die CLO (community liaison officer) verwyder moet word.
Probleme wat nog geopper was, was die tekort aan ambulanse en hulle eis dat VZI hulle moet voorsien van twee ambulanse vir die hospitaal.
Nóg ‘n frustrasie was die feit dat Aggeneys geen beurtkrag kry nie en ondervind ook geen waterprobleme nie.
Hulle vra verder dat VZI hulle moet voorsien van sonpanele.
Van die gemeenskapslede was ook dankbaar teenoor die myn vir wat hulle beteken vir die gemeenskap.
In van Greunen se afsluiting, het hy uitgewys dat armoede en werkloosheid hand-aan-hand loop.
Daar gaan gekyk word hoe Pofadder se gemeenskap werk kan kry, maar daar sal na die feite gekyk word, en dat daar wel gevalle was waar mense werk gekry het.
Die grootste uitdaging is werkloosheid.
Daar moet ook gaan kyk word na watter vaardighede benodig word.
150 Persone was gekry om konstruksievaardighede aan te leer en dat die opleiding in samewerking met die Burgemeester se kantoor sal wees.
Niks kan sonder infratstruktuur werk nie, en daarom was die eiendom vir vaardigheidsontwikkeling langs die kerk geïdentifiseer.
“Dus sal daar ‘n opleidingsentrum op die dorp wees. VZI doen baie, maar nie genoeg nie,” het van Greunen gesê.
Daar sal gekyk word hoe om die vaardigheidsentrum na vore te bring, wat die volgende stap gaan wees, en daarvoor moet vertroue opgebou word.
Hy sluit af dat hy dankbaar is teenoor die gemeenskap vir hul oopheid.



