Die afgelope naweek was die Namakwa Distrik geteister met gure winde wat erge skade in die Distrik, veral in die Nama Khoi area veroorsaak het.

Hierdie toestande het aansienlike skade in die ditrik tot gevolg gehad, wat baie inwoners dakloos gelaat het en infrastrukture erg geraak het.

Die Namakwa Distriksmunisipaliteit, in samewerking met plaaslike munisipaliteite, relevante belanghebbendes en staatsdepartemente, het die uitdagings aktief aangespreek en is daartoe verbind om deurlopende ondersteuning aan diegene wat geraak word te bied.

In die Richtersveld munisipaliteit het sterk winde kragonderbrekings in Alexanderbaai veroorsaak wat daartoe gelei het dat die kragopwekker nie water kon pomp nie.

In Nama Khoi het verskeie dorpe windskade aan huise aangemeld, veral met dakke wat afgewaai het.

Die dorpe wat geraak word, sluit in, Okiep 4 huise, Nababeep 3 huise, en Concordia 1 huis.

Elektriese toevoer was ontwrig en waterrpobleme was ervaar in sekere dorpe weens kragprobleme.

Krag onderbrekings was in Paulshoek en Garies aangemeld in die Kamiesberg munisipaliteit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *