Nama Khoi-koalisiemunisipaliteit pluk die vrugte van sy voortdurende pogings om toerisme en die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee.
Dit kom nadat die munisipaliteit in hulpbronne en pogings belê het om Namakwaland se reputasie vir sy pragtige blomme uit te brei deur bekendheid vir die area se netheid en verwelkomende houding teenoor besoekers te vererf.
Dit is grootliks bereik deur die stigting van die munisipaliteit se 18 unieke “bakkie”-spanne wat in tien dorpe werksaam is.
Die dorpe sluit in Carolusberg, Fonteintjie, Matjieskloof, Springbok, Vaalwater, Bergsig, Okiep, Nababeep, Concordia en Steinkopf.
Bakkiespanne skep geleenthede vir klein entrepreneurs en word aangewend om die gevolge van onwettige storting te bekamp en om die munisipale vullislorries, wat nie tuinvullis verwyder nie, te ondersteun.
Die program vorm deel van die munisipaliteit se Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP).
“Sedert die bakkiespanne sowat ‘n jaar gelede gestig is, was daar ‘n merkbare verskil in die algemene toestand van Nama Khoi se dorpe. Skoon dorpe skep die indruk van goeie sorg, wat veral vir toeriste aantreklik is,” he die burgemeester van Nama Khoi Rodney Krtzinger gesê.
Die afgelope naweek was Springbok vir die eerste keer gasheer vir die YBL se jaarlikse motorfietssaamtrek, wat ‘n massiewe finansiële hupstoot vir die munisipaliteit was.
Die motorfietsryers het als wat wat hul vir die naweek nodig gehad het, plaaslik bekom.
Kritzinger het gesê day vroeër die week het Sasol Solar Challenge ook ‘n russtop in Springbok gemaak.
Boonop dit het SALGA vandeesweek in Springbok vergader.
Hierdie geleenthede is die begin van die proses om Nama Khoi-munisipaliteit as ‘n aantreklike toeriste- en gebeurtenisbestemming te vestig.
Hulle het reeds baie gedoen om die ekonomie te stimuleer en buitestanders te lok om ons omgewing te geniet en in ons plaaslike besighede te belê.
“Ons sal nou voortbou op hierdie momentum, terwyl ons voortgaan om ons handelsmerk te bou as ‘n vriendelike, verwelkomende en wonderlike bestemming.
“Ons sal ook versigtig wees om te verseker dat ons ‘n balans bereik tussen die benutting van die potensiaal van toerismegeleenthede en die welsyn van ons gemeenskappe. Ons sal die gebeure wat wel na ons dorpe kom, streng monitor en reguleer in ooreenstemming met wetgewing, om die vrede en veiligheid van ons landelike gemeenskappe nie te versteur nie.
Namakwaland het baie om te bied.
Ons jaarlikse blommeprag is net een van ons unieke bates.
