Vir die afgelope 20 jaar het verskeie gemeenskappe in en die buite die Namakwa- distrik verlang om ook hul gemeenskapsradiostasie na te kan luister.
Die uitroep het vir van die luisteraar gevoel asof dit op dooie ore val, maar min het hulle geweet dat die direksie en bestuur van Radio Nfm 98.1 besig was om toe te sien dat al die luisteraars in die distrik na Nfm kan luister.
Gister het daar ‘n groot opgewondenheid geheers in die Kamiesberg plaaslike munisipaliteit opgewondenheid nadat die sein in die munisipale area aangesit is. In die area kan daar op die frekwensie 90.7 na geluister word.
“’n Paar dorpe binne Kamiesberg Munisipale area kon vir jare nie die genot ervaar van Radio NFM 98.1, omdat die frekwensie te swak of nooit daar was nie. Wel, dit is op ‘n einde! Dorpe binne die munisipale area kan van gister af na Radio NFM luister op frekwensie 90.7 FM. Graag wil Kamiesberg Munisipaliteit haar dank uitspreek teenoor Radio NFM 98.1 en al die relevante rolspelers, wie dit moontlik gemaak het,” het die munisipalieteit gesê.
