Nama Khoi munisipaliteit het ‘n gevoel van verantwoordelikheid en toewyding teenoor die gemeenskap met betrekking tot die mees onlangse ontwikkelinge in verband met hul waterdienste te deel.

Die munisipaliteit het onlangs ‘n aansoek ingedien by Eskom in ‘n poging om die vrywaring van beurtkrag vir die waternetwerk te verkry.

Die aansoek is gerig omdat die volgehoue toepassing van beurtkrag veroorsaak dat daar drukking in die waterstelsel plaasvind, wat lei tot pypbarste en die onderbreking van die watertoevoer na die gemeenskappe.

Tans is die munisipaliteit in afwagting van Eskom se reaksie op hul vrywaringsaansoek.

“Verder wil ons u inlig dat Bloem Water kennis gegee het van beplande inisiatief om staalpype aan te lê op die lyn wat verantwoodelik is vir die watervoorsiening aan Concordia. Ons munisipale amptenare werk tans hard met Bloem Water om die nodige ondersteuning te verleen en die watertoevoer so spoedig moontlik te herstel,” het die Munisipale bestuurder, mnr Jan Swartz gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *