Die Khâi Ma munisipaliteit se reservoirvlakke is steeds onderdruk, daarom vra die munisipaliteit dat die gemeenskap water spaarsamig gebruik en slegs aanwend vir menslike gebruik.
Die huidige beurtkrag bemoeilik die situasie om die reservoirvlakke normaal te kry.
Die munisipaliteit vra dat die inwoners nie op die stadiim tuine nat maak, wasgoed was of voertuie met die tuinslang was nie en herstel van waterlekke is noodsaaklik.
Intussen in ‘n gemeenskapsvergadering wat gister op Onseepkans plaasgevind het, was die hoofdoel om die waterretikulasie-kwessies te bespreek en die grootmaat-waterretikulasieprojek wat deur MIG gefinansier word dit laat af te skop en teen Junie 2024 voltooi te wees.






