Die 25-jarige Fortune Koordom is ‘n 14 jaar tronstraf opgelê, ná die verkragting van ‘n 27-jarige vroulike slagoffer in Loeriesfontein op Saterdag, 04 Junie 2022.

Die beskuldigde het die slagoffer gegryp terwyl sy besig was om haar erf binne te gaan en haar onder ‘n boom ingetrek en haar verkrag.

Hy het ook ‘n beskermingsbevel wat die slagoffer teen hom gehad het, oortree.

Kordoom is gearresteer, aangekla van verkragting en oortreding van ‘n beskermingsbevel.

“Hy is op Donderdag, 18 April 2024 skuldig bevind op een aanklag van verkragting is tot 10 jaar gevangenisstraf en nog 4 jaar gevonnis vir die oortreding van die beskermingsbevel. Albei vonnisse sal gelyktydig uitgedien word,” het polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola en haar bestuur verwelkom die vonnis van 14 jaar tronkstraf wat deur die Calvinia-streekhof opgelê was aan Kordoom.  

Die beskuldigde is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders aangeteken word.

Luitenant-generaal Otola het die ondersoekbeampte, speurkonstabel Jacques Nielsen van die Calvinia-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) geloof vir die verkryging van ‘n skuldigbevinding en verseker dat geregtigheid geskied vir GBVF-slagoffers.

Die polisie moedig die publiek aan om die polisiepogings in die bekamping van misdaad te gradeer deur deel te neem aan die “RATE OUR SERVICE” aanlyn opname om die polisie te help om dienste te verbeter.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *