Die Noord-Kaapse LUR vir Onderwys, saam met die, sal op Maandag, 19 September ‘n toesigbesoek aan die Hoërskool Garies bring.
Dit volg nadat die skool Saterdag deur ‘n brand verwoes is.
LUR Zolile Monakali sal die omvang van die skade bespreek om die pad vorentoe te bepaal.
Die woordvoerder vir die department Geoffrey van der Merwe, het gese brandbestryders van Springbok, Aggeneys en Vrededal kon daarin slaag om die brand in uiters winderige toestande te blus.








Van der Merwe meld dat ’n administrasieblok, elf klaskamers en ablusieblokke almal heeltemal deur die brand vernietig is en dat die skoolsaal, twee klaskamers, die houtwerkkamer, ‘n stoorkamer en ‘n ongebruikte ablusieblok nie geraak is nie.
“Die Hoërskool Garies akkommodeer altesaam 216 leerders (wat 21 graad 12’s insluit) en 11 opvoeders. Die skoolkoshuis akkommodeer 136 leerders – 73 meisies en 63 seuns. Daar is ook opgemerk dat antwoordstelle, leer- en onderrigondersteuningsmateriaal en meubels deur die brand vernietig is.”
Die departement verpletter is deur die insident, en beplan om onmiddellike hulp aan die skool te verleen.
