Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die twee lewenslange vonnisse, wat gister deur die Springbok-streekhof aan Derrik Etiene Cloete vir verkragting en moord opgelê is, verwelkom.
“Die polisie in Steinkopf het Maandag 31 Desember 2012 omstreeks 00:50 inligting van die gemeenskap ontvang oor ‘n lewelose liggaam wat in ‘n verlate gebou naby die N7 nasionale pad lê. Met aankoms het lede van Steinkopf SAPD die liggaam met ‘n kombers bedek gevind en ‘n manspersoon gesien wat gevlug het van die toneel, dadelik aangekeer, en na die polisiestasie geneem,” het polisiewoordvoerder Sersant Merapelo Pilane gesê.
Ná ondervraging is hy later gearresteer en van die moord op die slagoffer aangekla.
Albei vonnisse sal gelyklopend uitgedien word en die verdagte is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
