Die Suid- Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se misdaadintelligensie, Kimberley K9-eenheid en Siyathemba SAPD het op ‘n huis in Olifantshoek toegeslaan,

Die span het beslag gelê op dagga, Mandrax en Tik ter waarde van sowat R1600 en R1000 kontant, nadat twee manlike verdagtes in hegtenis geneem is.

“In ‘n afsonderlike voorval het dieselfde span op ‘n tweede huis in Olifantshoek toegeslaan en beslag gelê op hoërgraadse dagga ter waarde van sowat R44 000-00 en kontant ten bedrae van R243-00,” het ‘n polisiewoordvoerder, Luitenant- Kolonel Sergio Kock gesê.

Vier manlike verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Olifantshoek-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *