Komaggas in Namakwaland is Dinsdagoggend (02/12/2024) deur ‘n matige aardbewing van 2,2 en later na 4.2 gestyg het op die Richterskaal geskud.
Die gebeurtenis is omstreeks 09:57 deur die National Seismograph Network aangeteken, kort nadat kleiner seismiese aktiwiteite omstreeks 08:20 in dieselfde area plaasgevind het.
Volgens seismoloë was die kleiner skuddings te swak om akkuraat gemeet te word, maar die groter aardbewing is duidelik op die Komaggas-seismografiestasie opgeteken.
Die stasie monitor steeds geringe aktiwiteite in die streek, hoewel hierdie gebeurtenisse nie sterk genoeg is om presiese groottes te bereken nie.
‘n Inwoner van Komaggas het beskryf hoe dit tydens die aardbewing gevoel het asof sand op sy dak reën.
Hy het bygevoeg dat die ervaring skrikwekkend was, aangesien aardbewings in Namakwaland skaars voorkom en seldsaam so voelbaar is.
Die National Seismograph Network sal die situasie monitor en inwoners op hoogte hou van enige verdere aktiwiteite.
Hierdie aardbewing beklemtoon die belangrikheid van seismiese monitering in gebiede waar sulke verskynsels selde voorkom.