Die Tsantsabane-munisipaliteit by Postmasburg in die Noord-Kaap sê hy sal met die departement van minerale bronne sowel as plaaslike myne skakel.
Dit nadat twee minder jarige kinders van die omgewing verdrink het nadat hulle na bewering by ‘n diamantmyn van ‘n plaaslike ongebruikte myn gaan swem het.
Die lyke van twee kinders, die negejarige Crostolone Madebe, en haar agtjarige broer Christopher, is Saterdag by die Westeinde diamantmyn gevind.
Die kinders het vermoedelik toegang verkry waar daar geen heining om die myn is nie.
Tsantsabane munisipale woordvoerder, Joseph Kekgopilwe verduidelik:
“Wat ons sê is dat die myne verantwoordelik gehou moet word. Hulle was veronderstel om seker te maak dat daar veiligheid rondom die plek is. Ons moet selfs van die DMRE weet wie die werklike eienaars van daardie myn is. Onthou DMRE is diegene wat mynlisensies uitreik. Selfs in ons gebiede het ons probeer om betrokkenheid by belanghebbendes te hê om al die klein myne rondom Tsantsabane na die tafel te bring.”
