Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit betuig opregte medelye met die betrokke
gesin na aanleiding van die hartverskeurende voorval wat gisteraand op Matjieskloof
plaasgevind het.
Gisteraand, omstreeks 22:00, het ’n insident afgespeel waarin ’n 12-jarige seun,
terwyl hy met ’n maatjie op ’n privaat perseel gespeel het, geskok is en later beswyk
het.
Munisipale elektriese tegnici kon vasstel dat ’n grondlekkasie op hierdie perseel die
oorsaak was van die elektrisiteitsvloei.
’n Volledige ondersoek is tans aan die gang om die volledige omvang van die situasie te bepaal, en verdere inligting sal na mate beskikbaar gemaak word.
Ons deel in die hartseer van die gemeenskap en wil ons innige medelye uitspreek
aan die gesin van die seun wie sy lewe verloor het.
Ons dank u vir u begrip en samewerking.
Groete
JI Swartz
Munisipale Bestuurder
Vir enige verdere navrae: Jason Milford
0825117326
