Die Vaal Sentraal Waterraad ondervind langdurige vertragings met die herstel van hul pompe wat verantwoordelik is vir die pomp van water na Nama Khoi, het die munisipaliteit gesê.

Die diensverskaffers moes onderdele bekom wat nodig is vir die herstelwerk, maar kon nog nie die jongste verwikkelinge aanmeld nie.

Die Vaal Sentraal Waterraad het egter in kennis gestel dat alle water na Vaalhoek reservoir herlei is en ook gepomp word na Concordia en Carolusberg.

Inwoners wat watertekorte het kan dit rapporteer by 079 924 3092.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *