Die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap doen ‘n ernstige dog dringende beroep op die provinsiale gemeenskap, om asseblief na vore te kom met inligting wat kan lei tot die opsporing van die vermiste Le-Virno Van Wyk.

Foto: Facebook

Die vyfjarige Le-Virno word sedert 31 Mei 2022 vermis, nadat hy laas gesien is terwyl hy saam met sy vriende speel by ‘n spoorlyn naby Skierlik-plakkerskamp.

‘n Woordvoerder vir die polisie, adjudant offisier Omphile Masegela het gesê dat die soek- en reddingsoperasie wat van stapel gestuur was, geen suksesse opgelewer het nie.

“‘n Monitêre kontantbeloning is aangebied vir posisionele inligting wat kan lei tot die opsporing van die vermiste 5-jarige seun,” het Masegela gesê.

Enigiemand met inligting kan die FCS-bevelvoerder, kaptein Koos Van Den Heever by 082 302 0442 of alternatiewelik die ondersoekbeampte, sersant Lebogang Mokwene by 082 330 4478 kontak.

Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid hanteer word.

Die ondersoek duur voort.

Foto: Verskaf

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *