Na ‘n plasing op sosiale media van Juffrou Margerette Cloete oor matrikulante van Hoërskool SA van Wyk wat slaap en leer by die skool.  

Dit is ter voorbereiding vir hul rekordeksamen, het die Namakwa Civic Movement wyk 5 Voorsitter en Sekretaresse gister bymekaar gekom om die matrikulante van skryfbehoeftes en toiletware te voorsien.

“Hierdie is ‘n geleentheid vir ons almal om ons harte oop te maak om hartlikheid en liefde aan ons leerders te bewys,” het die NCM gesê.  

Maak kontak met Juffrou Margerette Cloete en hoor hoe jy ‘n bydrae kan lewer het hulle bygevoeg.  

Die skool sê dat hulle trots is op die toewyding wat leerders in hierdie moeilike tye toon.

Gemeenskapslede word gevra om tydens die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen die matrikulante te bemoediging en by te staan.  

Die personeel en skoolbeheerliggaam van Dr. Izak van Niekerk primêre skool het gister 15 herlaaibare ligte aan SA van Wyk oorhandig omte help om die matrikulante van 2023 se studietyd tydens beurtkrag te vergemaklik.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *