Die gemeenskap van Carolusberg en die Speaker van die Nama Khoi plaaslike munisipalieit, Rodney Kritzinger het vandag, 13 Februarie by die Radiospan van NFM, asook sy meer as eenhonderd duisend luisteraars aangesluit, om Wêreld Radio Dag te vier.
Die spesiale dag word hierdie jaar herdenk onder die tema, “Radio: ‘n Eeu van inlig, vermaak en opvoed”.
Vanjaar se tema beklemtoon die ryk geskiedenis en diverse bydrae van radio tot ons samelewing.
Die Tema sluit ook perfek aan by Radio NFM se visie- en misie-verklaring, om op te voed, in te lig, te bemagtig en te vermaak.
NFM het lekker met die gemeenskap gaan kuier en ook die geleentheid gebruik om blik te skud onder die gemeenskap.
Baie luisteraars het vanoggend tydens die Stuur ‘n briefie program laat hoor wat radio vir hulle beteken.
NFM voel nederig om weer haarself te verbind tot die groei van gemeenskap deur middel van Radio, as ‘n medium vir kommunikasie.




