Die Noord-Kaapse onderwysdepartement sê hy is bekommerd dat meer as 3 000 leerlinge tussen verlede jaar en Maart vanjaar swanger geraak het.

Die leerlinge is tussen 10 en 19 jaar oud.

Die departement sê die provinsie het ‘n aansienlik hoë aantal tienerswangerskappe in vergelyking met ander provinsies.

LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, sê die meerderheid van die jong moeders is in die landelike dele van die Noord-Kaap, soos die John Taolo Gaetsewe-streek.

“Wat beteken as jy die vierde kwartaal van die jaar neem, sal jy sien ons het ongeveer 3 600 leerders wat per jaar swanger raak. Dit is die jongste statistieke wat ons tot ons beskikking het en dit is gebaseer op daardie statistieke. Ons raak bekommerd en ons sê ons moet nou ‘n strategie hê (wat ons kan) as ‘n departement implementeer om seker te maak ons stuit hierdie ding (dit is) wat in ons gemeenskappe gebeur.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *