’n 31-Jarige Noord-Kapenaar is deur die Fraserburg-streekhof in die Upington-kluster tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die man is aangekla van verkragting wat gepaard gaan met die toedien van ernstige liggaamlike besering (GBH) en roof met verswarende omstandighede van sy tante aan moederskant (sy ma se suster).

Die hof het gehoor dat die man, wat by sy tante gebly het, die nag van 17 Desember 2020 laat die aand by die huis gekom het en haar reeds in die bed gekry het.

Hy het in sy tante se kamer ingegaan waar hy haar begin aanrand en verwurg het totdat sy haar bewussyn verloor het.

Die hof het verder gehoor toe hy besef sy tante het haar bewussyn verloor, hy haar verkrag het.

Nadat hy sy tante verkrag het, het die 31-jarige man sy tante se selfoon en kontant gevat en die huis verlaat.

Toe die vrou haar bewussyn herwin het sy na ‘n buurman se huis gegaan om hulp te soek en die polisie is dadelik ontbied.

Die broerskind is gearresteer en aangekla.

Soos die verhoor gevorder het, het die hof gehoor hoe die tannie gehelp het met die grootmaak van haar nefie en die rol wat sy in sy lewe gespeel het.

Sy het gehelp met sy opvoeding en verseker dat hy skuiling het deur hom by haar huis in Fraserburg te akkommodeer.

Ter verswaring van vonnis het Solly Sass, staatsaanklaer, aangevoer dat verkragting as ‘n kanker in die samelewing gesien moet word en dat vroue en kinders deur die howe beskerm moet word.

Hy het verder aangevoer dat die ergste deel van hierdie saak was dat die oortreder sy tante, sy ma se suster, verkrag het.

“Hy moes die een gewees het wat haar beskerm het, nie die oortreder van so ‘n misdaad op sy tante nie,” het Sass by die hof ingedien.

Hy het verder aangevoer dat die broerskind geen berou getoon het vir sy optrede nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat hy twee vorige veroordelings aan verkragting gehad het en die staat het dus aangevoer dat daar geen wesenlike en dwingende faktore vir die hof was om van die minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf af te wyk nie.

Die hof het die man lewenslange tronkstraf opgelê vir verkragting en 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede.

Die hof het hom verder onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *