Die grootste Gesondheid en Fiksheid geleentheid sal hom die komende naweek in die Namakwa distrik afspeel.

Die stap bekend as die Big Walk sal Saterdag 7 Oktober 2023 in Karoo Hoogland Munisipalteit, in Sutherland plaasvind.

Dit sal plaasvind onder die tema, ‘n Beginner is ’n wenner.

Die gemeenskap van die wye Karoo Hoogland Munisipaliteit word uiitegenooi na die geleentheid, veral Sutherland om aan te sluit, en gratis in te skryf.

Aansoeke is by die plaaslike Munisipaleteit en Biblioteek.  

Kinder Parkie, Mini Kultuur Fees, Rekreasie Aktiwiteite, Sewes Raak Rugby, Groot 5 Netbal en vele meer sal aangebied word.

Sutherland sal uit sy nate bars, kom vroeg anders sal jy uitmis by die Slangpark.

Die hekke maak vanaf 8 uur oop Saterdag en die program sal amptelik 9uur afskop.

‘n Kind in Sport is ‘n kind buite die hof.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *