Verskeie opbouprogramme onder die vaandel van Operasie Basadi sal in Pofadder in die Khai Ma Munisipaliteit uitgevoer word ter viering van Nasionale Vrouedag wat op Vrydag, 9 Augustus 2024 by die Dennis Nel-stadion gehou word.
Provinsiale Komponente het saam met die Namaqua-distrikskommissaris, brigadier Schalk Andrews, die Pofadder SAPD-stasiebevelvoerder, luitenant-kolonel Sophia Abrahams-Willemse en me. Babatjie Laban van die kantoor van die Noord-Kaapse premier het die Hoërskool Boesmanland besoek.
Die program is gelei deur brigadier Irene Kopeledi, die provinsiale hoof van pro-aktiewe polisiëring.
Me. Laban het die doel van die dag bekend gemaak en die leerders ingelug van die besoek deur die Staatspresident, Sy Eksellensie, President Cyril Ramaphosa aan die Nasionale Vrouedaggeleentheid.
Sy het klem gelê oor die belangrikheid van skoolveiligheid en die voorkoming van geslagsgebaseerde geweld.
Sy het ook die rol van die Kantoor vir die Status van Vroue uiteengesit.
“Kolonel Maggie Ndzutha van Provinsiale Maatskaplike Misdaadvoorkoming het die gevare van dwelm- en alkoholmisbruik en die besit van gevaarlike wapens by die skool aangespreek,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Kolonel Cherelle Ehlers gesê.
Sy het leerders versoek om hulle van seksuele gedrag te onthou en om tienerswangerskap te voorkom.
Kolonel Ehlers het gesê dat Brigadier Andrews het ‘n motiveringstoespraak gelewer.
Hy het leerders aangemoedig om hul toekoms te omhels deur dissipline, respek en goeie maniere.
Hy het hulle ook aangemoedig om gefokus te bly en die regte keuses te maak.
Die provinsiale hoof van korporatiewe kommunikasie, brigadier Mashay Gamieldien, het die geleentheid met dankbaarheid afgesluit.
“Sy het die leerders aangemoedig om kennis te neem van die raad en leiding wat deur die gassprekers gebied word,” het Kolonel Ehlers gesê.