Operasie Phakisa, ‘n uitgebreide en intelligensie-gedrewe inisiatief, is van 26 tot 29 September in die Namakwa-distrik uitgevoer, met fokus op kusdorpe soos Kleinzee, Groenrivier, Port Nolloth, Hondeklipbaai en Alexanderbaai in die Namakwa- Distriksmunisiplaiteit.
Sersant Molefi Shemane van die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat dit ‘n gesamentlike poging was met deelname van verskeie agentskappe, insluitend die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing, Provinsiale Grenspolisiëring, en ander relevante eenhede.
Tydens die operasie is 115 voertuie en 329 individue by kontrolepunte voorgekeer en deursoek.
Nakomingsinspeksies is ook by besighede en verskillende fasiliteite uitgevoer.
Twee verdagtes is in Kleinzee gearresteer vir die onwettige bedryf van ‘n visverwerkingsonderneming, terwyl drie ongedokumenteerde individue in Port Nolloth aangehou is.
‘n Boete van R2 500 is uitgereik vir die indiensneming van ongedokumenteerde werkers.
‘n Verdagte is in Port Nolloth vir dwelms in hegtenis geneem.
Verder het die polisie beslag gelê op items ter waarde van sowat R87 960, insluitend dwelms, kontant, en twee Bosch-enjinhamermeulens.
