Twee verdagtes is Dinsdag (30/07/2024) gearresteer nadat Olifantshoek SAPD B-Relief lede hulle betrap het met ‘n bedreigde plantspesie in ‘n Toyota Quantum vervoer het.

Die polisie se provinsiale woordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het gesê die polisie het omstreeks 05:00 op 30 Julie patrollies gedoen toe hulle die taxi gestop en deursoek het.

“Die polisie het ‘n aansienlike hoeveelheid bedreigde plante in die voertuig gevind.

“Twee manlike verdagtes, onderskeidelik 37 en 45 jaar oud, is van die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbiodiversiteit 10/2004 aangekla en sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn.”

Hy het bygevoeg dat die saakdossier aan die John Taolo Gaetsewe-distriksdirektoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (DPCI) oorhandig sal word vir verdere ondersoek.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content