Met die viering van Vrouemaand vier en vereer die Noord-Kaapse Provinsiale Regering vroue wat merkwaardige vordering maak, om te verseker dat die regering sosio-ekonomiese geleenthede vir die bemagtiging van vroue versnel.
Prudence Duiker van die Noord-Kaap is een van die vroue wat ‘n besonderse verskil maak.
Duiker is ook individueel die Aubrey Beukes-toekenning toegeken vir haar leierskap in die gemeenskap, wat ‘n bekroonde OSW bestuur.
Die OSW het te doen het met sosiale ongeregtighede en jeugontwikkeling.
We Care Foundation, wat as ‘n sopkombuis begin het en gegroei het tot ‘n groter ondersteuningstruktuur vir die gemeenskap, en Help A Sister Campaign, wat jong vroue ondersteun om hul volle potensiaal en vermoëns te bereik, is die projekte wat me. Duiker tans bestuur.
Hierdeur bemagtig sy vroue effektief en volhoubaar.
