Die burgemeester van die Richtersveld Munisipaliteit mnr. Cornell Knoph saam met die Speaker en Wyksraadslede, Marlene Fredericks, Maria Obies, Noluthando Mabala, openbare betrekkinge raadslid, Anna Bock, die Personeel in die kantoor van die Burgemeester en Departement van COGHSTA gemeenskapsontwikkelingswerker mnr. Mervin Bock het gister ‘n suksesvolle program by Laerskool Dryfsand, op Sanddrift aangebied.

“Ons het skoolskoene en sanitêre handdoeke aan leerders van Laerskool Dryfsand oorhandig,” het die burgemeester gesê.

Tydens die besoek het Laerskool Dryfsand Netbal Dogters hul Brons medaljes van die Richtersveld Munisipaliteit 3de Jaarlikse Burgemeesterspele ontvang.

Brenco Cloete is aangewys as Middelveldspeler van die Toernooi tydens die Burgemeesterspele, terwyl Kagisho Jaar sy Man van die Wedstryd-trofee ontvang het na ‘n uitstaande vertoning tydens die Richtersveld Munisipaliteit Junior Laerskole Liga 2024.

Laerskool Driftsand-hoof-mnr. HM Klim het sy waardering uitgespreek teenoor die Noord-Kaapse departement van onderwys vir die ontvangs van mobiele eenhede wat administrasieblok en twee toilette vir seuns en dogters insluit.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *