Roodepan polisie het ‘n moord ondersoek geloods na 69 jarige ma en ouma haar lewe verloor het in n tref-en-trap ongeluk.
Luitenenant kolonel Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het Maandag (09/09/2024) gesê die oorledene, Lettie Lourance, het saam met haar kinders en kleinkinders op die sypaadjie van Raven straat geloop toe sy van agter deur ‘n ongeïdentifiseerde maroen luikrug getref is.
Die voorval het op 3 September 2024 plaasgevind.
“Die bestuurder het nie by die ongelukstoneel stilgehou nie. Die polisie versoek die publiek se hulp om inligting rakende die voorval te verskaf,” het Kock gesê.
Hy het enigiemand met inligting versoek om speurkaptein Teno Slambert by 071 675 4427 of speursersant Mojalefa Setlai by 073 793 8583 te kontak.
Enige inligting wat ingestuur word as vertroulik hanteer.
