’n 43-jarige Sondagskoolonderwyseres van Vioolsdrift is tans in polisie-aanhouding nadat dit aan die lig gekom het dat sy aan seksuele aktiwiteite deelgeneem het, met kinders wat na bewering tussen die ouderdomme van 6 en 15 jaar oud is.

Sy het twee weke gelede vlugtig in die Springbok-landdroshof verskyn, waar haar borgtog is geweier en die saak is vir verdere ondersoek tot 4 Maart uitgestel is.

“Sy staan tereg op aanklagte wat wissel van gedwonge verkragting, gedwonge seksuele aanranding, seksuele versorging van kinders, seksuele uitbuiting van kinders, blootstelling van geslagsdele aan kinders en verkragting,” het Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *