Die Noord-Kaapse SAPD Bestuur verwelkom die vonnisoplegging van ‘n 30-jarige man van Springbok vir die verkragting van ‘n 5-jarige meisie.

Noord- Kaapse polisiewoordvoerder luitenant kolonel Sergio Kock het bevestig op 1 November 2020 het die slagoffer van haar huis na ‘n nabygeleë winkel gestap toe sy deur die beskuldigde aangerand is, wat haar na sy shack geneem en haar verkrag het.

“Die slagoffer het haar ma vertel en die beskuldigde is gearresteer. Hy is skuldig bevind aan verkragting en op 3 November 2023 tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis,” het Kock gesê.

Die Provinsiale Hoof vir Gesinsgeweld Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (GBS), brigadier Sipho Kheswa het adjudant offisier Anthea Cloete Landrew van Springbok FCS toegejuig vir haar uitstekende ondersoek wat tot die uitstaande vonnis gelei het, veral omdat ons die 16 Dae van Aktivisme vir Geen geweld teen vroue en kinders-veldtog, nader.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *