’n 30-jarige man wat ’n vyfjarige meisie verkrag en omkoopgeld van R2 aan haar gegee het in ruil daarvoor dat sy niemand vertel, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Simphiwe Babi het ‘n pleit- en skikkingsooreenkoms met die staat bereik vir die verkragting wat op 1 November 2020 op Nababeep plaasgevind het.
“Die staat beweer die ma het die slagoffer geld gegee om na ‘n nabygeleë winkel te gaan sodat sy vir haarself ‘n ysstokkie kon koop,” het Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.
Op pad terug het sy die beskuldigde ontmoet, wat aan haar bekend was aangesien hy haar pa se haarkapper was, het hy aan die slagoffer versoek om vir hom ook ‘n ysstokkie te koop.
Met haar terugkeer uit die winkel het die beskuldigde haar na ‘n nabygeleë plakkershut geneem en haar verkrag.
“Ná die voorval het die beskuldigde die slagoffer R2 gegee en vir haar gesê om vir niemand te vertel wat gebeur het nie. Toe die slagoffer by die huis aankom, het sy haar ma vertel.”
“Die beskuldigde het skuld beken en aangedui dat hy berou het.”
Hy is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is.
