Strauss, ry ten bate van jong gestremde dame van Okiep

 Strauss, ry ten bate van jong gestremde dame van Okiep

Foto: Verskaf Brunhild Strauss

Brunhild Strauss, paraplaag is 25-Jaar gelede in ‘n tragiese motorongeluk verlam gelaat

Die parapleeg maak slegs gebruik van sy bo-liggaam.

Hy gaan hierdie jaar vir sy agtste keer deelneem aan die jaarlikse uitmergelende Cape Town Cycling Tour, oftewel Cape Argus van 109km.

Hy gaan meeding met meer as 30 000 nie-gestremde fietsryers.

Strauss neem aan hierdie toer deel met ‘n handfiets, wat met sy arms pedaal word.

Hy dra sy deelname op aan ‘n pragtige jong dame genaamd Simoné van Okiep in die Noord-Kaap.

Sy het dringend ‘n rolstoel asook ‘n oprit by haar woning nodig en hom haar die toeganklikheid wat sy verdien.

‘n Donasie of borgskap tot hierdie 109km fietstoer komende Sondag, 13 Maart 2022 sal verwelkom word, vir die aankoop of skenking van ‘n geskikte en kwaliteit rolstoel en die aanbou van ‘n oprit.

Rek naam: NSAPD…
Rek nr: 082 373 175
Bank: Standard Bank, Spaarrekening
Springboktak: 050506

Alle bydraes in hierdie verband word hoogs waardeer.

Bernadine Hearn

Related post