Die beweerde verkragtingsvoorval teen ‘n luitenant-kolonel verbonde aan die Kimberley Flying Squad op 12 Augustus 2024 in De Aar, is op 26 Augustus 2024 by die polisie aangemeld en onmiddellik by die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat aangemeld om ondersoek in te stel en in hegtenis te neem.
Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Brigadier Mashay Gamieldien het bevestig dat die interne dissiplinêre prosesse ingevolge die SAPD Dissiplinêre Regulasies van 2016 is teen die beampte ingestel, wat intussen geskors is.
Alle navrae met betrekking tot die kriminele saak sal deur OPOD beantwoord word.
“Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het herbevestig dat geen voorkeurbehandeling binne die geledere van die organisasie toegelaat sal word wanneer lede by kriminele aktiwiteite of growwe wangedrag betrek word nie,” het Brigadier Gamieldien gesê.
