Die Kimberley-streekhof het die 20-jarige Lesley Meintjies tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n negejarige meisie op 3 Desember 2019.
Die provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, en haar bestuurspan het die vonnis verwelkom.
Volgens sersant Timothy Sam, provinsiale polisiewoordvoerder, het die hof gehoor dat die slagoffer se ma Meintjies huis toe gestuur het om die stoof af te skakel terwyl sy by die werk was.
In plaas daarvan het Meintjies die meisie se kamer binnegekom terwyl sy geslaap het en haar verkrag.
Die slagoffer het geskree wat die beskuldigde aangehuts het om uit die kamer te vlug en terug te keer na die slagoffer se ma by haar werksplek.
Die slagoffer het haar ma later ingelig oor die voorval, wat by die polisie aangemeld is.
Die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem en van verkragting aangekla.
Meintjies is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis en sy naam sal in die Nasionale Register vir Seks opgeneem word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *