Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het op Dinsdag, 09 Julie 2024 ‘n werksessie met die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ZFM-distrik onder bevel van die waarnemende distrikskommissaris, brigadier Monica Sebili, gehou.

In teenwoordigheid was die Departement van Vervoerveiligheid en Skakelingverteenwoordigers, die Provinsiale, Distrik- en Stasiekoördineerders, die Gemeenskapspolisieforum, Media-huis (Radio Riverside) en die klein besighede in die area wat onderrig ontvang het in die identifisering van geldeenheid-egtheid sover as vervalste note en gekleurde banknote, daar is ook bekommernis oor die nuut opgegradeerde banknote en vierde desimale muntreeks.

“Die SARB-amptenaar verantwoordelik vir Valuta-integriteitsaktivering, mnr Phenyo Marumo het ‘n insig gegee oor Geldeenheidwaarde, hoe om dit te identifiseer, veral met die opgegradeerde banknote, asook hoe om die waarde te handhaaf en om te ruil in geval van skade of onegtheid,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder adjudant offisier Omphile Masegela gesê.

Valuta-integriteit-ondersoeker, mnr Gerald Mariemuthoo, het ‘n aanbieding gemaak om bewustheid te verhoog oor vervalste note en hoe om die banknote te assesseer, deur die verbeterde sekuriteitskenmerke te inspekteer om die integriteit van die banknote te bepaal.

Hy het ook opvoeding gebied oor gevlekte banknote en die implikasies wat daarmee gepaard gaan om in die besit van sulke banknote te wees.

Die bewusmaking het voortgeduur na Kalahari Mall waar een-tot-een-gesprekke met die publiek, winkeleienaars, werkers gedoen is en ‘n benaderde teiken van 100 mense bereik is.

Die SAPD het die publiek bewus gemaak van OTM/bank-swendelary, kuberbedrog en ander eiendomsverwante misdade wat steeds wanbalanse in die misdaadpatroonontleding veroorsaak.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *