Twee van vier verdagtes wat in verband met die moord op ‘n 81-jarige boer van Kuruman in hegtenis geneem is, is vrygelaat weens ‘n tekort aan bewyse.
Die verdagtes het Maandag, (30/10/2024) in die Kuruman-landdroshof verskyn.
Die 24 jarige Orabile Vincent Motsewakgosi en die 26 jarige Kabelo Tata sal Vrydag, 4 Oktober, weer in die hof verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek.
Die twee ander verdagtes, 18 en 20 jaar oud, is vrygelaat omdat slegs bewyse teen die twee volwasse beskuldigdes bestaan.
Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die NVG, het gesê dat die ander twee weer in hegtenis geneem kan word indien verdere ondersoeke hulle verbind.
Hendrik Venter is op Vrydag, (27/09/2024), dood by ‘n buurplaas se hek gevind. Hy het sy plaas tussen Kuruman en Hotazel om 08:30 verlaat om sy beeste te versorg.
Sy liggaam is omstreeks 09:45 langs sy voertuig gevind, met wonde aan sy kop.
Daar word ook berig dat ‘n onbekende bedrag geld vermis word, volgens Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder.
