Die Noord- Kaapse Suid-Afrikaanse Polisiëringsunie (SAPU) het hul kommer oor die lewenstoestande by die polisiekaserne uitgespreek nadat hulle daarvan te wete gekom het.
In ‘n onlangse persverklaring wat die unie gister, 19/08/2024, uitgereik het, word dit as “substandaard en onaanvaarbaar” beskryf.
Die unie het voortgegaan om te sê dat die veiligheid en welstand van die lede ‘n topprioriteit moet wees, maar dat hulle gedwing word om in omgewings te woon wat nie bevorderlik wat gesondheid en veiligheid betref is nie.
Volgens SAPU is die omgewingstoestande binne die kaserne ook ‘n rede vir kommer.
Swak sanitasie, gebrek aan behoorlike afvalbestuur en onvoldoende fasiliteite wat ‘n negatiewe impak op die algehele lewenskwaliteit van die beamptes mag hê, word as eenvoudig onaanvaarbaar beskou en is wel ter sprake hier.
“Ons doen ‘n beroep op die polisiebestuur om die verbetering van lewensomstandighede by die polisie kaserne te prioritiseer. Ons beamptes verdien beter omdat hulle elke dag hul lewens op die spel plaas om ons gemeenskappe te beskerm en te dien, daarom hoef hulle nie so ‘n arm lewe te verduur nie,” het die polisieringsunie gesê.
