LUR vir Paaie en Openbare Werke, Fufe Makatong, het saam met die Frances Baard-distriksdirekteur Palesa Thulo die opening van skole vir die 2024 skool akademiese jaar gemonitor by die Kimberley Akademie (Redirile Primêre Skool) en Hoërskool Tetlanyo.

Die twee het saam met ander amptenare van die Departement van Onderwys en Departement van Paaie- en Openbare Werke ‘n toer deur die nuutgeboude Kimberley Akademie geneem. 

‘n Mens moet sê, dat die skool werklik ‘n moderne kuns is wat leerlinge sal aanmoedig om te leer.

Dit is alles wat vir die akademiese jaar geld, met leer en onderrig wat op die eerste dag van skool begin.

Die leerders en onderwysers van beide die skole het meer entoesiasme en gereedheid getoon op hierdie eerste dag.

Die adjunkminister vir kleinsakeontwikkeling, mev. Dipuo Peters, het ‘n punt daarvan gemaak om die leerders van Hoërskool Thabane ook op die eerste dag van skool toe te spreek.

Sy het hulle aan  gemoedig om van die eerse dag af te begin leer en wag vir die dag daarna nie.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *