Die Khâi-Ma Munisipaliteit dra kennis van die watertekorte die afgelope tyd in die onderskeie dorpe.
Die munisipaliteit poog onverpoos om die situasie te verander met die beperkte hulpbronne wat tot hul beskikking is.
Dit is ‘n feit dat verbruikers meer water gebruik gedurende die somerseisoen en as gevolg van uiterste hitte binne die Munisipale gebied.
Hoogliggende gebiede in al die dorpe word dan direk hierdeur geraak met lae waterdruk tot geen water op tye.
“Hierdie situasie het vererger as gevolg van die implementering van beurtkrag, want tydens beurtkrag kan daar nie water pomp om die reservoirvlakke te handhaaf. Eskom was voorheen genader om die pompstasies van beurtkrag vry te stel, maar sonder enige sukses,” het die munisipaliteit gesê.
